/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Sport & School News
25 January 2019

Duisende rugga liefhebbers moes met leedwese verneem dat een van die mees begaafste spelers in wêreldrugby weens ernstige harsingskudding sy stewels op 28-jarige ouderdom permanent moes ophang.

Patrick Lambie is deur plaaslike en Franse neuroloë aangeraai om onmiddellik uit te tree om sy gesondheid 


ten volle te herwin. Lambie het in 56 toetse vir die Bokke gespeel en was vir jare een van die sleutel spelers vir die Haaie. Hy was op en van die veld af een van die bestes ooit. Hy was ook een van die gewildste spelers in Frankryk waar hy vir Racing 92 uitgedraf het. Lambie gaan eersdaags terugkeer Suid Afrika toe om saam sy vrou Kate uit sien na hulle eersteling se koms in Junie. Ons verloor ‘n groot seun ou grote. 


Hopelik sal Gary Teichmann en die Haaie se bestuur die talent nie laat gaan nie en hom kan akkommodeer in hul netwerk.


Verder in die nuus; die Haaie se cappie vir 2019 is die kookwater skrumskakel Louis Schreuder wat ook die span aangevoer het en die 2018 Curriebeker gewen het. Die Natallers het op papier een van die beste spanne in die reeks. 


Die groot Franse senter, Mathieu Bastareaud, is blykbaar ook in die Haai arsenaal vir 2019. Coach Robert du Preez is ook van mening dat 2019 dalk die jaar van glorie vir die Haaie kan wees.
Die Blitsbokke se seisoen word ook die naweek hervat met die derde rondte van die HSBC Wêreld kampioenskappe in Nieu-Seeland.


En net so terloops voor ons groet ou grote, Jake White het nog ‘n trofee op sy kerfstok. Sy Japanese klub, Toyota Verblitz, het die Japanse liga gewen. 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0