Articles
Headline News
21 December 2018

Thabazimbi – Die bosveld is bekend vir hul slange, veral hierdie tyd van die jaar.  Slange is sensitief vir temperatuur veranderinge, somerhitte en reën.


Omdat dit weer slangseisoen is het Platinum Bushverlder onderhoude gevoer met verskeie vrywillige slangvangers.

“Na lekker reën is slange meer aktief – hulle kos ook. Dus kom hulle uit om die paddas en diertjies te vang na die reën,” sê Delport Botma.


Op die vraag oor watter slange hul die meeste mee te doen het, het Peet van Breda geantwoord: “Swart mambas en luislange is vir my meer algemeen.” Kobras en pofadders is ook van die slange wat gereeld deur dié manne gevang word.


Charles Jansen van Vuuren stel voor dat indien jy op ‘n slang afkom, jy hom eerder nie moet konfronteer nie en ook nie self probeer vang nie. Skakel liefs een van die noodnommers sodat ‘n professionele slangvanger kan kom hand gee.


Henk Havenga het ‘n versoek aan die gemeenskap gerig om asseblief eerder iemand te skakel om slange te verwyder

Charles Jansen van Vuuren met ‘n swart mamba wat hy gevang het.
Peet van Breda het ‘n luislang op ‘n plaas naby Thabazimbi vasgetrek. 

 

Share this article with a friend...