Articles
Social & Community News
21 December 2018

Northam – Annalie van Wyk het op 25 November haar negentigste verjaardag gevier! Familie en vriende het van heinde en verre gereis om hierdie spesiale dag by te woon. 


Annalie is gebore in 1928 op die plaas Groenvlei, sowat 50km noord van Thabazimbi, en het haar skoolloopbaan voltooi by ‘n nabye plaasskool.

 
Haar oorlede man Roelf van Wyk het later vanaf Maroelasfontein, sowat 90km gery om by haar te kom vlerk sleep en hul is in Desember 1948 getroud. 
Twee kinders is uit die huwelik gebore, Theo van Wyk en Mari Meintjes. In 1982, kry Ouma Annalie vir die eerste keer in haar lewe elektrisiteit. 


“My ma het in die jaar 2000 na ‘n kleiner huis getrek op die plaas – nadat my pa oorlede is. Ons is so geseënd dat sy steeds ‘n baie sterk vrou is. Sy is ‘n boervrou van formaat en haar hande staan vir niks verkeerd nie!” het haar seun Theo van Wyk in ‘n onderhoud met Platinum Bushverlder gesê. 

Mari Meintjies, haar dogter, sê: “Jy kon nog altyd my ma deur ‘n ring trek, ek is so trots op haar en voel baie geseënd. Sy het ons baie goed grootgemaak, nog die regte boere manier!” 


Ouma Annalie is geseën met twee kinders, nege kleinkinders en vier agterkleinkinders! Baie geluk Ouma, ons vertrou die Here sal Ouma nog baie lank spaar en seën. 

Familiefoto’s van Annalie en haar nasate.
Van links: Kotie Scheepers en Annalie van Wyk klink ‘n glasie op 90.

 

Share this article with a friend...