Articles
Social & Community News
21 December 2018

Thabazimbi – Een van die grootste oorsake van brande in Thabazimbi is weerlig. Die meeste vure wat die area bedreig kom vanaf die Noord Wes naby Leeupoort, Kromdraai, Northam en Koedoeskop.


Om brande te voorkom is alle grondeienaars verplig om voorsorgmaatreëls te tref om nie net hulle eie eiendom te beskerm nie, maar so ook te verhoed dat die vuur versprei na hul bure.


Volgens die Thabazimbi Fire Protection Assosciation (TFPA) moet kleinhoewes se voorbrande ‘n minimum wydte van twee meter wees, en plase se voorbranding moet ‘n minimum wydte van drie meter wees.


Gebiede rondom geboue moet skoon gehou word van brandbare materiaal, gras moet kort wees en potensieel-brandbare materiaal soos ou brandstof moet verwyder word. TFPA beveel ook aan dat plaaswerkers ‘n inleidingskursus tot die bestryding van gras- en bosbrande doen.


Die minimum aanbeveling ten opsigte van persoonlike beskermende toerusting (PBT) vir brandbestryding sluit ‘n hitte weerstandbiedende oorpak of denim-oorpak, katoen t-hemp met lang moue, enkel laag brandbestrydingsbalaklawa, veiligheidstewels, leer- of denim-handskoene en hitte weerstandbiedende oogbeskerming in.


Ongeveer 12,000 hektaar se grond is in en om Thabazimbi afgebrand in 2018 en daarom is dit van uiterse belang dat die aanbevelings rondom brande te verhoed gevolg moet word.


Vir meer inligting kontak TFPA by 078 252 4076.

Share this article with a friend...