Articles
Sport & School News
07 December 2018

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) kraai koning by die Limpopo Klub Swem Kampioenskappe 2018 te Polokwane van 30 November tot 2 Desember.


Kristin Lottering behaal ses goud en drie silwer medaljes, en stel ses nuwe rekords op. Sy is aangewys as die beste dogter in die individue item kategorie van 50m vlinderslag.


Tristan Brits behaal vyf goud, twee brons medaljes – en slaan vyf nuwe rekords in skerwe! 
Leili Steenkamp wat in 2019 vir graad 8 aansluit by HFM, verwerf vyf brons een silwer medalje.

Kristin Lottering met haar medaljes.
Tristan Brits het uitstekend gevaar.

 

Share this article with a friend...