Articles
Social & Community News
30 November 2018

Northam  –  Oupas, oumas, mammas, pappas, ooms en tannies het van heinde en ver gekom vir SmartBrain Kidz se konsert op 9 November.


Die konsert is elke jaar die hoogtepunt op hulle kalender.  
Die tema was: van toeka tot nou. Oupa Tokkie, ouma Toets, Tiaan en Tildie het die toeskouers vermaak met vlymskerp humor.

Die kinders het by oupa en ouma op die plaas gaan kuier en daar was duidelike konflik oor watter era se musiek en danspassies die beste is.
Die kleingoed het almal uitgehaal en gewys! 


Almal se pragtige kostuums en flinke danspassies het die skare betower.
SmartBrain Kidz wil graag almal bedank wat betrokke was om die konsert ‘n reuse sukses te maak.

Die jong klomp het die skare vermaak met hulle oulike dans passies.

 

Share this article with a friend...