Articles
Sport & School News
30 November 2018

Thabazimbi  – Tydens die Bosveld Interhoër op 26 September te Ellisras het Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se Kristin Lottering vyf goue individuele medaljes verwerf en vier nuwe rekords verbeter.

Sy het ook die hoogste Fina punte vir die dag verower.
Tristan Brits het drie goue, een silwer en een brons, in totaal vyf medaljes verwerf en drie nuwe rekords verbeter.


Beide swemmers gaan die Limpopo skole swem span verteenwoordig by die Suid Afrikaanse skole swem kampioenskappe. Xander Steenkamp, Cara Pieterse, Quinten Steenkamp, Tristan Brits en Kristin Lottering gaan ook hierdie naweek van 30 November tot 2 Desember aan die Limpopo klub swem kampioenskappe in Polokwane deelneem.

Share this article with a friend...