Articles
Churches & NGO News
16 November 2018

Thabazimbi – Die NG Kerk Thabazimbi se jaarlikse Kerssangdiens vind op Sondagaand, 18 November om 19:00 by die kerk in Tiendelaan plaas. Almal is welkom! 


Die immergewilde gospelsanger, Louis Brittz, tree op as gaskunstenaar vir die aand. Die talentvolle Louis is onder andere ook liedjieskrywer, komponis, musiekvervaardiger, openbare spreker. Sy 2012 CD, ‘Psalms’, het goue status bereik.


Hy is veral bekend as die mede-stigter van die #Imagine jeugbeweging, wat jaarliks deur groot getalle jeugdiges van Thabazimbi bygewoon word. 


Louis en sy vrou Hettie, ook ‘n bekende skrywer en openbare spreker, en hul drie kinders woon tans in Amerika en lê tydens November ‘n besoek af aan Suid-Afrika. Met groot liefde en passie vir die Bosveld en sy mense, kom Louis die gemeenskap seën deur die Kerssangdiens.  


‘’Ons is baie opgewonde oor Louis se besoek en wil dit graag met almal deel. Hierdie is ‘n geleentheid waar alle denominasies kan saamkom en verenig in Jesus Christus!’’ het dominee Tinus Benadé gesê. 


Die toegangsfooi by die Kerssangdiens is ‘n nie-bederfbare voedselproduk. ‘’So kan ons ook Jesus uitleef en ander seën, hierdie feesseisoen.’’ 

Louis Brittz

 

Share this article with a friend...