/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Crime & Accidents News
16 November 2018

Northam – Kyle Snyman is op 28 September te Northam in hegtenis geneem in verband met huisbraak en diefstal.


Tydens sy hofverskyning op 7 November is Kyle gevonnis tot vyf jaar tronkstraf vir diefstal en ‘n verdere vyf jaar vir huisbraak. Hy sal tien jaar effektiewe tronkstraf uitdien. Kyle word ook verbind met ‘n motordiefstal-saak in ‘n ander provinsie.


Gedurende die ondersoek, het dit duidelik geword dat Kyle nie alleen gewerk het nie. ‘n Tweede verdagte is intussen ook gearresteer en die ondersoek duur voort. 


In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder het adjunk offisier Pieter du Plessis gesê: “Ons duld geen misdaad meer in Northam en omliggende gebiede nie! Oortreders moet weet: julle gaan vasgevat word!” 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0