/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Headline News
09 November 2018

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) matrikulante se drome is bewaarheid met ‘n besoek aan die stad van liefde – Parys, Frankryk – op 29 September tydens hul matriekafskeid.


Gewapen met ‘n “geldige paspoort” en ‘n slot met twee sleutels, kon hulle die Pont des Arts betree en deel hê aan ‘n eeue-oue tradisie om ewige trou en liefde aan mekaar te beloof deur te deel aan die slot-sleutel ritueel.


Met die intrapslag in die saal is almal behoorlik weggevoer na ‘n sprokie “Parys”. 
Elegant geklee volgens elkeen se individuele styl, het al wat ‘n Frikkie matrikulant is die spoggeleentheid, aangebied deur die graad 11 matriekafskeid komitee, bygewoon.


Die Pont des Arts, die Franse straatkafee atmosfeer, die Eiffeltoring, die Roue de Paris Ferris Wheel, is alles uitstekend uitgebeeld. Selfs die kelners met hul blou en wit gestreepte uitrustings en ‘n tikkie rooi, het hulself uitstekend van hulle taak gekwyt as die perfekte gasvroue en- here.


Die tafels in swart en goud is met fyn finesse getooi. Die spyskaart het die egte Franse geregte aangekondig. Van die voorgereg, hoofgereg tot egte Franse Fountain ou Chocolat het alle fynproewers se verwagtinge oortref.

Daar is verder luister aan die spoggeleentheid verleen deur ‘n dankie sê toespraak gelewer deur hoofseun AJ van Vuuren, bygestaan deur onder-hoofseun sport Victor Potgieter en onder-hoofseun kultuur, Fabio Vielmetti.


Getrou aan tradisie is die dansbaan geopen deur AJ van Vuuren en hoofdogter Suné Robbertse. ‘n Groot verrassing was ‘n besoek van Charlie Chaplin (Ruben Roux) wat homself ook ‘n dans geoorloof het met Suné Robbertse.


Wat ‘n besonderse “oorsese” besoek wat op ‘n luisterryke wyse aangebied is, in tipies HFM-styl!

van links: Anica Jordaan, Elsabé du Toit en, Dané Koen.
Van links: Lydia Potgieter, Suné Bisshoff, Laurinda Bredenkamp, Nicole Blignaut, Elsabé du Toit, Micayla Mulder, Nikita Jansen, Dané Koen en Anica Jordaan.

 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0