/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Sport & School News
09 November 2018

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) het ‘n besondere paar dae beleef met hul waardeweek vanaf 22 tot 25 Oktober.

Die tema vir die week was omgee en elke dag is dit uitgebeeld deur vir die leerlinge of personeel iets te gee. Die personeel het ook elke dag ‘n rooi hart gedra om te wys dat hulle omgee.


Die Maandag is weggespring met al die onderwysers wat rooi aangehad het. Koeldrank en sjokolade is uitgedeel, en die personeel het penne aan die matrikulante oorhandig.


Dinsdag het die studente raad vir die personeel eksamen oorlewingspakkies uitgedeel en die administrasie- en ondersteuningspersoneel het ‘n geelhoutboom geplant. Op Woensdag  het onderwysers springmielies uitgedeel aan die ouers by aflaaipunte voor die skool. Die week is afgesluit met kaartjies en penne wat uitgedeel is aan graad agt tot 12 leerlinge.


Waardevolle herinneringe is gemaak en bande gesmee. 

Matrikulant Ivan Steyn en die pen wat hy ontvang het.
HFM administrasie- en ondersteuningspersoneel by die boom wat hul geplant het
Die personeel en studenteraad met eksamen oorlewingspakkies wat hulle ontvang het

 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0