Articles
Social & Community News
02 November 2018

Thabazimbi – Shammah Family Church Ministries het op 23 Oktober tuingereedskap aan die Thabazimbi Korrektiewe Dienste geskenk.

Die gereedskap is items wat hulle tydens ‘n uitreikingsprojek ingesamel het.
Deur díe inisiatief sal die korrektiewe dienste help om publieke tuine en parke, in en rondom Thabazimbi, skoon te hou.


Shammah Family Church Ministries wil graag die gemeentelede en in besonder NTK Thabazimbi, bedank vir hul bydraes. 


Hulle doen ook ‘n beroep op die gemeenskap om hul te ondersteun met die projek, en benodig ‘n petrolgrassnyer, ‘n randknipper en kruiwaens.  


Volgens Wimpie de Koker is daar ook alreeds ? groentetuin van stapel gestuur om minderbevoorregtes te voed en by te staan.

Pastoor van Shammah Family Church Ministries, Peter de Beer (middel), saam met, van links, Departement van Korrektiewe Dienste offisiere Paul Hattingh, Wimpie de Koker, Phillip Motlhake en Danie Naude.

 

Share this article with a friend...