Articles
Social & Community News
02 November 2018

Northam – Obaro Northam het op 25 Oktober hulle Jonsson reeks bekend gestel.

Die reeks bestaan uit persoonlike veiligheids toerusting (PPE), sowel as die stretch and legendary reeks vir boere en ‘n kleredrag reeks vir koöperatiewe besighede waarop jou eie embleem aangebring kan word.


“Die Jonsson reeks is van baie hoë gehalte en bekostigbaar,” sê bestuurder van Obaro Northam Ryno Serfontein. 


Daar is ook wors gebraai en kliënte het ‘n geleentheid gehad om saam met die personeel van Obaro ‘n worsbroodjie te geniet.

Agter: bestuurder van Northam Obaro Ryno Serfontein. Voor van links: werknemers by Obaro Northam Magda du Plooy, Joyce Moruntshi, Adri Serfontein en Andria Greyling, by die nuwe Jonsson reeks.
Van links: Kliënte Johan de Bruyn, Frans le Roux, Linda Vorster en Wendy Beukes wat saam wors gebraai het by die bekendstelling.

 

Share this article with a friend...