Articles
Social & Community News
26 October 2018

Setaria – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Zonneblom-tak, het op Saterdag 6 Oktober, ‘n suksesvolle kunsvlyt kompetisie aangebied in Setaria.

Granny B was een van hul hoofborge vir die dag.  Die dames het behoorlik gewikkel om hul take te voltooi ten einde ‘n prys los te slaan. 


Eerste plek het gegaan aan Zonneblom voorsitter Gerda Smit; tweede plek Zonneblom sekretaresse Michelle Smit; en die derde plek aan Bosveld voorsitter Ria Strydom. Die lede beplan om hierdie kunsvlyt kompetisie ‘n jaarlikse instelling te maak.  


Om deel te wees van hierdie dinamiese groep vrouens, kontak skakelbeampte Thereasa Tolmay by 072 544 5168.

Kruise wat die lede versier het.
Elke deelnemer moes ‘n horlosie ook optooi.
Die verfraaide skinkborde was een van die take wat die lede moes aanpak.

 

Share this article with a friend...