Articles
Social & Community News
19 October 2018

Northam – Die bestuur van Solidariteit Helpende Hand Northam-tak het op 8 Oktober vergader en koppe bymekaar gesit om twee studente by te staan.


Mariehantie van der Walt, streeksvoorsitter vir Limpopo en Noord-Wes, het die Thabazimbi en Northam takke se studiefondse saamgevoeg om sodoende groter beurse aan twee gelukkige jong studente te gee.


‘n Bedrag van R30,000 is aan twee studente, een van Northam en een van Thabazimbi, geallokeer. Die name van die studente sal bekend gemaak word tydens die oorhandiging.
Solidariteit Helpende Hand poog om werklikwaar die gemeenskap te ondersteun waar hulle kan.

Indien u deel wil wees van hierdie fenomenale groep, skakel gerus vir Natasha Prinsloo, voorsitter van Solidariteit Helpende Hand Northam-tak op 076 010 3241 of Nickey Hamman, skakelbeampte by 082 335 5242.

Donasies met nie-bederfbare kos en klere word dringend benodig. Baie dankie aan die gemeenskap vir elke bydra wat hulle maak om ander te help

Van links: skakelbeampte van Solidariteit Helpende Hand Northam-tak, Nickey Hamman; streeksvoorsitter van Limpopo en Noord-Wes Mariehantie van der Walt; en Solidariteit Helpende Hand Northam-tak lid Petronella van Biljon.

 

Share this article with a friend...