Articles
Crime & Accidents News
19 October 2018

Thabazimbi – Lede van die gemeenskap is in rep en roer na ‘n skoolbus met 65 leerders aan boord in ‘n stilstaande lorrie en sleepwa belaai met dekgras gebots het. 


Die ongeluk het omstreeks 14:30, Woensdag 17 Oktober plaasgevind.


Volgens ooggetuies sou die klein vragmotor en wa, regs draai op die Britspad (R510) en het stilstaande gewag vir aankomende verkeer om verby te beweeg toe die skoolbus dit van agter af getref het. Die impak het die bus in ‘n veiligheidsreëling vasgedruk. 


Nege-en-twintig leerders het beserings opgedoen en is deur die TCCC  sowel as provinsiale ambulansdienste na omliggende hospitale vervoer. 

Nege-en-twintig leerders is beseer in die busongeluk. 

 

Share this article with a friend...