Articles
Headline News
05 October 2018

Thabazimbi – Die ‘Dinamiese Dames’ kom op 27 Oktober by die Bioskoopsaal te Thabazimbi bymekaar om ‘n daadwerklike impak op vroue te maak.

Hierdie viertal bestaan uit Edrien Erasmus, Marisa Drummond, Melissa Swart en Nadia Beukes.
Die dinamiese dames is vriendinne wat mekaar deur hulle werk in die vermaaklikheidsbedryf ontmoet het. Hulle opvoering word vervaardig deur Soné Combrinck.

Deur sing en stories sal hulle by dié dames oggendtee, die gehoor vermaak en ‘n vars insig gee rondom menswees, vrouwees en jy-wees.


Die damestee word ter fondsinsameling aangebied vir behoeftige gesinne en onder andere studente wat nie tersiêre onderrig kan bekostig nie.  


Kaartjies beloop R150 per persoon en R100 vir pensionarisse. Vir besprekings of meer inligting, kontak die NG kerkkantoor by 014 772 2270 of 014 777 2183.

Die Dinamies Dames van links: Edrien Erasmus, Marisa Drummond, Melissa Swart en Nadia Beukes.


 

Share this article with a friend...