Articles
Social & Community News
05 October 2018

Thabazimbi – ‘n Bekoorlike lentetee is op Woensdag 21 September gehou vir die seniorlidmate van die Aliza-Aviela Bediening.


Dit was ‘n vrolike samesyn en lidmate is bederf met ‘n heerlike vingerete. Die versnapperinge is geskenk of self voorberei deur lidmate.


Carol Retief het tydens hierdie geleentheid ook haar 70ste verjaardag saam met haar vriendinne gevier. Die lede het hul eie inisiatief gebruik vir die versierings op die tafels en dit was mooi getooi in ‘n versameling van sagte kleure.


Baie dankie aan Annelise Kotzé, Dalien van Dijk, Ina Cloete, Kobie Coetzee, Ronel Greeff, Ronel Joubert, Teresa Burger, Theresa Pretorius, en Tilla van Reenen van Oudtshoorn vir hul bydrae om die dag ‘n sukses te maak.

Pa en dogter, Alwyn Hefer en Alba Griesel.
Carol Retief maak reg om haar verjaardagkoek te sny.
Van links: Carol Retief en Tilla van Reenen van Oudtshoorn.

 

Share this article with a friend...