Articles
Crime & Accidents News
28 September 2018

Thabazimbi – Peter-Murray en Megan Cross, asook hul twee kinders is op Dinsdag 25 September op hul plaas in Matlabas, net buite Thabazimbi, oorval deur vier mans met balaklawas. 


Die slagoffers was besig om televisie te kyk toe die aanvallers ‘n ruit breek om toegang tot die huis te verkry.


Die Cross gesin was gyselaar gehou met vuurwapens op hulle gerig, aangerand en vasgemaak. 
Hul huis is geplunder en verskeie items, insluitende ses vuurwapens, is gebuit deur die aanvallers wat van die toneel gevlug het in die gesin se silwer Toyota Hilux bakkie.


Na ‘n paar uur kon die gesin daarin slaag om hulself los te wikkel en die polisie te ontbied. 
Volgens polisiewoordvoerder, kolonel  Moatshe Ngoepe, het Peter-Murray en Megan Cross beide ernstige kopbeserings opgedoen en is opgeneem in Mediclinic Thabazimbi. 


Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.
Die polisie het ‘n klopjag geloods. 
Die Cross gesin se bakkie is verlate opgespoor in die Noordwes provinsie.  


Indien u enige inligting rakende die voorval het, kontak asseblief kaptein Richard Boshomane by 079 894 5501 of jou naaste polisie stasie. 
Die ondersoek duur voort. 

Share this article with a friend...