Articles
Social & Community News
28 September 2018

Thabazimbi – Op Woensdag 19 September het Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) ‘n imobilisering-stel, geskenk deur Thabazimbi Krisisbeheer ontvang.


Oor die jare heen het die Hoërskool Frikkie Meyer gebruik gemaak van plaaslike verskaffers se bystanddienste wanneer dit kom by skoolaktiwiteite en gevolglik het Thabazimbi Krisisbeheer ‘n skenking aan HFM gemaak as deel van hul bydrae in dié vennootskap.

Die skool se nuwe imobilisering-stel bestaan uit ‘n plank, nekstut, nekblokke en harnas, ter waarde van ongeveer R5,000. Hierdie stel maak dit moontlik om sommige ernstige beserings op die skoolgronde effektief te hanteer. 


Die skool stel hierdie bydrae hoog op prys en sien uit na ‘n voortgesette vennootskap met Thabazimbi Krisisbeheer.

Van links: Cecilia Schoeman; Henk Havenga, Thabazimbi Krisisbeheer; en Johann van Rensburg.

 

Share this article with a friend...