Articles
Sport & School News
28 September 2018

Thabazimbi – In die afgelope paar weke het Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se leerlinge en personeel, laerskole in hulle omgewing gaan besoek om kennis te maak met voornemende Graad 8 leerlinge.


Skole wat deur HFM besoek is sluit in Laerskool Thabazimbi op 6 September, Laerskool Koedoeskop en Laerskool Vaalwater op 11 September, en Laerskool Bosveld op 13 September.


Die span, meneer Pierre van Jaarsveld, sportorganiseerder en bemarking; Ninette de Aguiar, openbare betrekkinge; studenteraadslede; en Ysterman, HFM se amptelike ‘mascot’, het laerskoolleerlinge trakteer met vermaak, danse, humor, uitdagings en ‘n bekendstellings-DVD.


Leerders kon eerstehandse inligting verkry oor die aktiwiteite wat HFM bied, prestasies behaal, geleenthede tot provinsiale verteenwoordiging, akademiese uitnemendheid en sosiale aktiwiteite.

Van links: Ysterman saam met Juvan van Jaarsveld en Pierre van Jaarsveld by die tjokker klas van Laerskool Thabazimbi.
Hoofleiers van Laerskool Koedoeskop en HFM by Ysterman.
Leerlinge van Laerskool Vaalwater dans saam met die Ysterman.
Leerlinge van Laerskool Bosveld en Ysterman.

 

Share this article with a friend...