Articles
Headline News
21 September 2018

Northam – Vleissentraal Bosveld het op Woensdag, 12 September ? suksesvolle vetveeveiling by die Northam Boerevereniging veilingskrale gehou met meer as 200 beeste wat opgeveil is. 


Eric Herholdt het met drie eerste pryse weggeloop. Dit was vir die swaarste slagbees bul van 990kg, enkelbees gewissel 495kg en groep 4 gewissel 558kg. 


Krystle Herholdt het die eerste prys gewen vir die swaarste koei van 865kg en Micheal Welch het in groep 4 ongewissel met die eerste prys weggestap. Dit vat toewyding en harde werk om in hierdie prysklasse beoordeel te word. 


Josef van Wyk, bemarking van Vleissentraal het Northam Boerevereniging vir hul volgehoue ondersteuning bedank.


Ryno Serfontein, bestuurder van Obaro Northam het die pryse aan die wenners oorhandig. Jacques du Plessis van Wesvoere het ook die wenners bederf deur voer te skenk. Boernor en die boerevereniging het onderskeidelik ? gereedskapkas en ‘n spuitmasjien geborg.

Van links: Henry Kotzé van Vleissentraal; André Jordaan, Michael Welch, 1ste in die ongewisselde-groep 4, middelgewig; Suné van Tonder; Professor Willem Erasmus, voorsitter van Northam Boerevereniging; Josef van Wyk van Vleissentraal; en Chris Keyeter, afslaer van Vleissentraal.
Van links: Chris Keyeter, afslaer van Vleissentraal; Henry Kotzé van Vleissentraal; Professor Willem Erasmus, voorsitter van Northam Boerevereniging; Eric Herholdt, wenner van die swaarste slagbees; en Josef van Wyk,van Vleissentraal.
Van links: Eric Herholdt ontvang ‘n gereedskapkas van Professor Willem Erasmus, voorsitter van Northam Boerevereniging.
Suné van Tonder en Michael Welch ontvang ‘n koelboks van Ryno Serfontein, bestuurder Obaro Northam, en Professor Willem Erasmus, voorsitter van Northam Boerevereniging.
Jacques du Plessis van Wesvoere oorhandig voer aan Eric Herholdt en Professor Willem Erasmus, voorsitter van Northam Boerevereniging.
Vetvee in afwagting om opgeveil te word
Swaarste slagbees, ‘n bul van 990kg.

 

Share this article with a friend...