/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Sport & School News
21 September 2018

Op Saterdag 8 September slaan 18 spanne af in die gholfdag wat deur Hoërskool Frikkie Meyer aangebied word. Daar was ‘n aangename atmosfeer by die Thabazimbi gholfbaan met twee ‘nat gate’ beman deur HFM personeel en ‘n Wimpy halfweghuis.


In die kompetisie om die naaste aan die pen te eindig, is Louwtjie de Beer, by gate sewe en 16, en Alwyn Burger junior by gate drie en 12, as die wenners aangewys. Die vroue het hul ook goed van hulle taak gewyt en palm Louise van Graan die prys in met die akkuraatste dryf vanaf die bowwe by een en 10.


‘n Heerlike rondte gholf is afgesluit met ‘n veiling in die klubhuis, aangevoer deur afslaer Sieg Smith, waar spelers van ‘n rooibok tot ‘n 10 jaar KWV kon aanskaf. Uiteraard was die dag ook ‘n kompetisie en moes daar wenners wees.


Die wenspan vanjaar was die vierbal van Herman en Matthew van Tonder, Sieg Smith en Michael Moagi met ‘n totaal van 59 punte. Vir die tweede plek moes uitgetel word en die tweede plek wenners met 58 punte was Johan Smith, Mike en Joey Nortjé en Bevin van de Groenekan.

Derde was Nico Steenkamp, Thinus Fourie, Ernest Schoeman en Tom Louw. Peet de Beer was vir die dag die oudste manlike speler wat met sy gesonde 69 jare die rondtes voltooi het.


Dit was voorwaar vir HFM ‘n voorreg om hierdie dag in samewerking met die Thabazimbi Gholfklub aan te bied en HFM bedank die gemeenskap en maatskappye wat die dag moontlik gemaak het.

Van links: Die reëlingskomitee, Erich van Rooyen, Ninette de Aguiar, Chrisna Els, Scott Denton en Rita Brits.
Van links: Coenie de Beer, Jannie Cronje en Louwtjie de Beer by die ‘nat gat’.
Van links: Johan Smith, Mike en Joey Nortjé en Bevin van de Groenekan.
Van links: Nico Steenkamp, Ernest Schoeman, Tom Louw en Thinus Smith.

 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0