Articles
Sport & School News
21 September 2018

Thabazimbi – Tydens die jaar se Limpopo skoleliga het HFM se jukskeispelers met hulle talente gewoeker. Na afloop van die kompetisie op 25 Augustus waaraan vyf spanne deelgeneem het, eindig vier spanne in die tweede plek en is hulle silwer medaljewenners.

Dit was die o/19A seunspan, o/19B seunspan, o/16 dogterspan en die o/16 seunspan. Die toppresteerders was egter die o/19 gemengde span wat die Fanus Genis trofee wen, dit is die derde jaar agtereenvolgend wat HFM hierdie trofee huis toe bring. 


In die hoërskole A-afdeling eindig HFM in die tweede plek na Pietersburg Hoërskool met Tom Naudé in die derde plek. In die Hoërskole groottotaal kompetisie eindig HFM eerste. Dit is die eerste keer in die geskiedenis van HFM jukskei wat hierdie prestasie behaal word. 


Baie geluk aan Thomas Pretorius, Naidene Viljoen, Simone du Plessis, Raphael de Beer en Arno van Niekerk wat tydens die junior keuring in Polokwane gekies is vir die Limpopo Span en Gerhard Booyens wat aangewys as die afrigter van die o/19 seunspan. 


Baie geluk aan die spelers en hul afrigters, Gerhard Booyens en Joyce du Preez.

Agter van links: FJ Geldenhuis; AJ Sieberhagen en Stefan Coetzee. Middel: Arno van Niekerk; Christo Liebenberg; Raephael de Beer; Joshua Joubert; Kevin da Silva; Brendan Heunis en mnr Gerhard Booyens. Voor: me Joyce du Preez; Mari-zane du Toit; Nadine Viljoen; Thomas Pretorius; Queeny Buys; Simone du Plessis en Gizelle Roach.

 

Share this article with a friend...