Articles
Sport & School News
21 September 2018

Thabazimbi – Onder die leiding van afrigter Frank Lottering het Hoërskool Frikkie Meyer se swemmers uitstekende prestasies behaal.  


Cara Pieterse, Tristan Brits, Mathilda Jordaan, Wilmien Schutte, Kristin Lottering en Quinten Steenkamp het Limpopo kleure verwerf en Limpopo by die Interprovinsiale gala te Stanford Lake verteenwoordig.


Kristin Lottering het op verskeie geleenthede medaljes ingeoes onder andere vyf goue medaljes by die Shamu Sprint gala in Tzaneen, en vyf goue medaljes met vyf nuwe rekords tydens die Tuks Sprint gala. Sy het ook uitsonderlik presteer tydens die Senior National Short Course Championships te Durban in Augustus waar sy in die ope afdeling teen vroue van regoor die land moes kompeteer.

Sy behaal ‘n skitterende 18de plek in die 200m vlinderslag en verbeter haar tyd met 27.56s, nadat sy ook afrigting van Chad le Clos ontvang het. Sy het tydens dié geleentheid ook reeds gekwalifiseer vir die Junior en Senior SA Kampioenskappe in Durban in 2019. 


Tydens die Ellisras sprint gala op 1 September, het die swemmers die volgende medaljes ontvang: Kristin Lottering, nege goud met nege nuwe rekords; Tristan Brits, sewe goud; Inge-Marie Briel, twee goud, twee silwer, twee brons; Twana Nel, een goud, een silwer, een brons; Cara Pieterse vyf silwer, twee brons; Xander Steenkamp, vier silwer, twee brons; Quinten Steenkamp, vier silwer, een brons; Fanie Swanepoel een brons.


Hoërskool Frikkie Meyer se swemmers maak intussen gereed vir die swem interhoër wat op Woensdag 26 September in Ellisras plaasvind

Van links: Afrigter Frank Lottering, Quinten Steenkamp; Tritan Brits; Kristin Lottering; Mathilda Jordaan; Cara Pieterse en Wilmien Schutte.

 

Share this article with a friend...