Articles
Headline News
14 September 2018

Northam – Rookwolke kon van ver af gesien word, toe ‘n vuur by Uitduiker op die Beestekraal grondpad, op die oggend van Sondag 9 September gestig is.  Sowat 470 hektaar is deur die vuur verwoes voordat dit onder beheer gebring kon word. 


‘n Ondersoek is geloods en daar is vasgestel dat moedswillige brandstigting plaasgevind het. Johan Young van Heritage Protection Group (HPG) en sy span het die verdagtes se spoor opgetel en gevolg, maar die spoor het later doodgeloop.


‘n Beloning van R5,000 word aangebied aan enige persoon met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming in verband met die brande. Enige informasie rakende die brand kan deurgegee word aan Bertie van Rooyen by 063 777 3084.

‘n Wolk van rook kon van ver af gesien word.

 

Share this article with a friend...