Articles
Social & Community News
07 September 2018

Setaria – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Zonneblom-tak, het op Dinsdag 14 Augustus hul maandelikse vergadering gehou te Setaria.  


Die bekwame span het weer twee nuwe lede verwelkom en die dag is deurgebring met ‘n les van ‘mixed media’ rame wat deur Magda Meyer (beoordelaar en tesourier) aangebied was. Hulle het ook die volgende dag aangedurf met heerlike kos verkope by die Thabazimbi veiling ter fondsinsameling vir hul tak. 


Om deel te wees van hierdie dinamiese groep vrouens, skakel gerus vir Thereasa Tolmay, skakelbeampte, by 072 544 5168.

VLU by fondsinsameling met kos verkope by die Thabazimbi veiling. Van links: Magda Meyer (beoordelaar en tesourier), Bertie Potgieter, Gerda Smit (voorsitter), Janine de Wet, Rhona Jacobs, Thereasa Tolmay (skakelbeampte) en Orelia Bezuidenhout. 
VLU by die vergadering spog met hul ‘mixed media’ rame wat gemaak is. Voor van links: Thereasa Tolmay (skakelbeampte) en Gerda Smit (voorsitter). Agter van links: Janine de Wet, Orelia Bezuidenhout, Magda Meyer (beoordelaar en tesourier), Rhona Jacobs, Josine Hoffman, en Bertie Potgieter.
Gerda Smit (voorsitter) was hard aan die pannekoek bak. Hulle het soos soetkoek verkoop.

 

Share this article with a friend...