Articles
Headline News
07 September 2018

Thabazimbi – Na vier dae se soektog deur verskeie instansies en lede van die gemeenskap is die oorledene, Jason Baily, op 2 September gevind.

Die liggaam van Baily is ongeveer 14h30 in ‘n kloof by Bakkerspan net buite Marakele Nationale Park aangetref. Die omstandighede rakende sy dood word steeds ondersoek. 


Ons betuig ons innige meegevoel aan Bailey se vrou, hul twee dogters, familie en kennisse.
Die hele reddingsoperasie is sedert Donderdag 30 Augustus hanteer en bestuur deur Thabazimbi Krisis Beheer.

Die gebruiklike voorskrifte en reëls is gevolg en ‘n saaknommer is op die derde dag bekom, waarna versterkings ingeroep is. Teen Sondag 05h00 is ‘n bevelpunt opgerig en die tersaaklike prosedure is geïmplementeer. Die spanne van verskillende instansies het saamgewerk en is teen dagbreek ontplooi na die verskillende areas.


In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder sê Henk Havenga, operasionele bestuurder van Thabazimbi Crisis Control Centre (TCCC): “Ek wil regtig namens die TCCC almal bedank vir hul harde werk.
Baie dankie vir al die borge en bydraes van die gemeenskap.

Dit was weereens ‘n  riem onder die hart om te sien hoe die gemeenskap van Thabazimbi kan saamstaan in nood. Ek wil ook in besonder baie dankie sê aan die TCCC span, Suid Afrikaanse Polisie Dienste, die Search and Rescue span van Polokwane, die Off Road Rescue Unit van Suid Afrika en die K9 Wilderness Search and Rescue span.

Die gemeenskap van Thabazimbi sê dankie vir julle professionele hulp van die begin tot die einde. Mag ons in die toekoms weer met julle hande vat om van krag tot krag te groei!”

Wyle Jason Bailey
Kos en water is deur die gemeenskap voorsien.
Die soektog span, TCCC, SAPD Polokwane, Off Road Rescue Unit van SA en die K9 span van WSA.

 

Share this article with a friend...