Articles
Headline News
07 September 2018

Thabazimbi – Die NG Kerk Thabazimbi se jaarlikse Voetspoorfees, wat op Saterdag 1 September by die Thabazimbi skougronde plaasgevind het, het weer die jaar hope pret opgelewer. Oud en jonk het bymekaargekom om in die vrolikheid van die lentedag te deel.


Die oggend is afgeskop met ‘n stewige fietswedren waar die 40km glad nie speletjies was nie. Veronica Genis en Almo van Niekerk het weggestap met die eerste plekke. Daar was eindelose genot vir die kinders wat hulself kon besig hou met waterballongevegte, ‘n inkleurkompetisie, ‘bigfoot’ monstertrok ritte en vele meer.

Terselfdertyd, het plaaslike talent op die verhoog die skare vermaak. 
Skyfskiet het ongeveer 50 inskrywings gehad en Rudi Smit het almal weggeskiet met sy eerste plek. Die kosstalletjies het beslis nie teleurgestel nie, en almal kon hulle trommeldik aan die verskeidenheid disse eet. Daar was oorgenoeg stalletjies om van te kies en te keur.


Baie dankie aan Ben Alberts wat gehelp het om die fees aan te bied en die dag moontlik te maak.  
Cathy Bason, een van die medeorganiseerders sê: “Ons doel was om ‘n bietjie van Jesus se liefde te wys vir die gemeenskap en om ‘n voetspoor in almal se harte te los”.


Linda Richards, organiseerder van die wedren, beplan ook om ‘n fietsry klub te begin. Belangstellendes kan haar gerus kontak by: 082 466 6281.

Amandie van den Berg spog met haar inkleur prentjie.
Armandt Maree, 11 jaar oud, op ‘Bigfoot’.
Nathan Booysen by sy prentjie. 
Rudi Smit korrel met die skyfskiet.
Taryn Stander, nege jaar oud, het ‘n paar liedjies gesing.
Van links: Jonathan Kanes en Nathan Kanes spog met hulle prentjies.

 

Share this article with a friend...