Articles
Headline News
03 August 2018

Thabazimbi – Tydens die afgelope skou was dit die eerste keer dat daar sierduiwe op die skou vertoon was.

Alhoewel dit nie baie was nie, het dit groot  belangstelling by die publiek gewek. Daar was 55 duiwe wat die volgende 16 rasse verteenwoordig het. 


Die rasname word in Engels gegee: Brunner Pouter, Norwich Cropper, King, American Gaint Runt, Eglish Trumpeter, SA Botternek Tumbler, Chinese Owl, Working Homer (die Wedvlugduif), American Show Racer, Strasser, Cauchois, Old Dutch Capuchine, Swiss Mondain, Jacobin, Maltese en Fantail.


So iets oor elke ras... Die Brunner Pouter en sy groter weergawe die Norwich Cropper is blaasduiwe. Hoe groot hulle die krop kan opblaas, speel ‘n belangrike rol in die beoordeling. Die duiwe moet mak en afgerig wees, anders sal dit die reageer op die beoordelaar se roep om die krop op te blaas nie.


Die King en die American Gaint Runt is van ons groter duiwe. Daar speel lyf en kopvorm en hoe hul die vlerke dra ‘n groot rol. Die Franse teel die King vir kommersiële gebruik.


Die English Trumpeter is ‘n duif met groot veerpote. Díe wat vertoon was, se voetvere was reeds geknip vir die broeihok. Die voetvere en kleurmerke is baie belangrik. 


Die SA Botternek Tumbler is soos die naam aandui, ‘n eg Suid Afrikaanse ras. Dit het die man wat in Pretoria gewoon het ses en veertig jaar geneem om die ras te ontwikkel. Daar is deur baie prosedures gegaan voordat dit  deur die Suid Afrikaanse Sierduif Vereniging se uitvoerende komitee as ‘n erkende ras goedgekeur is.


Die American Show Racer is vanaf Amerika ingevoer waar die ras uit ‘n vliegduif en ander rasse geteel is. Die duif  het ‘n baie sterk kop en kort dik bek maar kan steeds sy eie kuikens voer.

Die Strasser, Swiss Mondain en Cauchois is ook van ons groter rasse wat die skaal op 600 plus gram trek. Die Old Dutch Capuchine is bekend vir sy veerplasings om die kop en die twee rosette weerskante  hoog teen die nek.


Die Jacobin (in Afrikaans Raadsheer) is ‘n statige duif met die twee groot “mane van hare” weerskante van die kop sodat jy nie sy oë kan sien nie, en die duif slegs voor hom kan sien. In die teelhok word dit korter geknip.

Die Maltese in van die skaarser rasse in die land. Baie skraal duif wat koog op die been is. Die Fantail of dan die waaierstert is baie bekend en mense hou daarvan om hulle in die erf in ‘n hok op ‘n paal aan te hou.


Soos met alle diere word die duiwe eers in ras verband beoordeel en ‘n ras wenner aangewys, waarna al die raswenners teen mekaar opgeweeg is, en die beste sewe is aangewys.
Die top wenners is as volg:
Kampioen duif: American Show Racer
2de plek: Norwich Cropper
3de plek: Jacobin
4de plek: Brunner Pouter
5de plek: Chinese Owl
6de plek: King
7de plek: Maltese


Baie dankie aan die Thabazimbi Skou vir die geleentheid en die rosette wat geskenk is. Ons nooi u om na die SASV se webblad op www.safpa.za.org te gaan kyk wat alles gebied word.
Berig saamgestel deur skou sekretaris Willie van Zyl 

Die Maltese junior duif wen ‘n eerste plek as ‘beste ou duif’ en ‘beste in ras’. 
Die Old Dutch Capuchine duif wen ‘n eerste plek as ‘ras wenner’. 
Die Swiss Mondain duif wen ook ‘n eerste plek as ‘ras wenner’. 
Die SA Botternek Tumbler duif wen ook ‘n eerste plek as ‘ras wenner’. 
Die Chinese Owl duif wen ‘n eerste plek as ‘ras wenner’ en ‘beste jong duif’.  

 

Share this article with a friend...