/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Social & Community News
01 September 2017

Thabazimbi – Lukas Swele, betrokke by die pad instandhouding van die Thabazimbi Munisipaliteit is verras deur Tokkie Swanepoel en Frik Erasmus van die Belasting Betalers Vereniging met ‘n splinternuwe battery vir sy voertuig op Donderdag, 24 Augustus. 

Lukas en sy span sien om na die paaie in en om Thabazimbi. Díe instandhouding verg soms dat na-ure gewerk moet word. Hy doen dit met graagte – maar sy voertuig se battery gee soms moeilikheid.

Só het Tokkie dit agtergekom en Obaro Thabazimbi gekontak. Hulle het die battery aan die Belasting Betalers Vereniging geskenk, en díe het dit geskenk aan Lukas. 

In ‘n onderhoud met die Platinum Bushvelder koerant sê Lukas: “Ek is opreg dankbaar vir die battery! Baie dankie – nou sal ons die paaie in ‘n japtrap kan regstel.”
 

Van links: Isak Moagi, verkoopsadviseur by Obaro Thabazimbi; Frik Erasmus, Thabaimbi Belastingbetalers Vereniging; Lukas Swele, pad instandhouding by die Thabazimbi Munisipaliteit; Pieter le Grange, assistent bestuurder by Obaro Thabazimbi; en Tokkie Swanepoel, Thabazimbi Belastingbetalers Vereniging.

 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0