/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Headline News
01 September 2017

Thabazimbi – Alhoewel verskeie mammas aan die Platinum Bushvelder koerant die week bevestig het dat hul kleingoed met varkgriep gediagnoseer is, het nie een dokter dit offisieel wou verklaar nie. 

Tóg is dit belangrik dat almal te hore moet kom van die siekte om seker te maak dat indien simptome wel voorkom, jy en jou gesin sonder versuim die dokter moet besoek. 

Varkgriep verwys na griepgevalle wat veroorsaak word deur Ortomixo virusse wat endemies is tot varke. Varkgriepgeslagslyne wat tot op hede geëien kon word is geklassifiseer as óf Influensa virus C of een van die verskeie subtipes van die genus Influensa virus A. 

Varkgriep kan versprei word deur mens tot mens kontak. Varkgriep is algemeen onder varke en seldsaam in mense.

In mense is die simptome tipiese simptome van griep- en verwante siektes naamlik kouekoors, koors, seer keel, spierpyne, erge hoofpyn, hoes, tamheid en algemene ongemak. Die variant verantwoordelik vir die 2009 uitbraak veroorsaak in die meeste gevalle slegs ligte simptome en herstel die aangetaste persoon binne ‘n paar dae.

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0