Articles
Sport & School News
15 June 2018

Thabazimbi – Douvoordag op Sondag, 10 Junie, het Thabazimbi se Zanie van Rensburg, Moksie Pelser, Nataly van Dyk, Sandra Venter en Alet Wilken die 93ste Comrades Marathon aangedurf.

Hulle het weggespring te Pietermaritzburg en die 90km maraton in Durban voltooi.

“Ons geniet die Comrades Marathon terdeë!” aldus Zanie van Rensburg in ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder. Vanjaar is Zanie se 18de jaar om die Comrades te voltooi.

Haar kollegas, Moksie, het vir haar vierde jaar deelgeneem, en Nataly en Natasha onderskeidelik hul 3de keer.

Wat is die geheim vir díe deursettingsvermoë, vra ons af? “Die geheim...” sê Zanie, is: “Jy moet begin oefen om net één Comrades te voltooi. Kilometer vir kilometer. Soggens word die draftekkies nader getrek, vars lug ingeasem, en dan hardloop jy net so rapsie vinniger en verder as die vorige dag. Daarnaas is die res geskiedenis.”

Die groep vrouens se Comrades tye vir vanjaar is: Zanie van Rensburg: 8:46:34; Moksie Pelser: 11:31:11; Nataly van Dyk: 8:46:33; Sandra Venter: 11:31:11; en Alet Wilken: 11:01:18.

Van links: Alet Wilken, Nataly van Dyk, Moksie Pelser, Zanie van Rensburg, en Sandra Venter.

 

Share this article with a friend...