/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Social & Community News
11 May 2018

Swartklip – Franna Benade het die gemeenskap van Swartklip geseën met sy sang bediening by die Lewende Woord Sentrum op Dinsdag, 24 April. Die gemeente het heerlike biltong en kaas vir die geleentheid voorgesit.


Franna, gebore op Nylstroom, het van kleins af ‘n buitengewone liefde vir musiek, spesifiek sang, getoon. 


In 1985 het Franna en sy broer, Innes, hul eerste groot musiek kompetisie gewen by die ATKV Crescendo. In 1987 maak hulle weer so en wen ‘n TV debuut kompetisie. Daarnaas het ‘n verskeidenheid langspeelplate gevolg.


Franna en Innes het etlike duisende kilometers afgelê na optredes oor die jare heen. In 1992 het Franna sy eerste solo-CD vrygestel, waarna ‘n hele paar gevolg het, o.a. geestelike CDs. 

Lieflike snaar geluide van Franna.
Franna by die Lewende Woord Sentrum te Swartklip.

 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0