Articles
Sport & School News
04 May 2018

Thabazimbi – Die Thabazimbi gemeenskap het op Saterdag, 21 April, hul ondersteuning betoon met ‘n gholfdag fondsinsameling vir die Izak Reinhardt Fonds. 


Reinhardt van den Berg was ‘n welbekende lid van die Thabazimbi gemeenskap wat by Hoërskool Frikkie Meyer gematrikuleer het en gaan studeer het in Pretoria. 


Reinhardt was op 9 November 2017 in ‘n gru motorfiets ongeluk in Pretoria Oos betrokke. Alhoewel dit geblyk het dat daar iets verkeerd was met sy mediese fonds, is Reinhardt geneem na ‘n privaat hospitaal in Pretoria waarna hy moes oorgeplaas word te helikopter na ‘n meer gespesialiseerde hospitaal in Johannesburg. 


Sy ouers Izak en Brenda van den Berg het geglo daar was bloot verwarring met die mediese fonds en het ingestem om verantwoordelikheid vir die mediese rekening te neem totdat dit kon opgeklaar word in ‘n hoop om die nodige mediese behandeling vir Reinhardt te kon kry. 


Reinhardt is op 11 November 2017 om 23h59 dood verklaar. Sy mediese fonds het geweier om die hospitaal kostes te dek en dit was aan Izak en Brenda oorgelaat om die aardige bedrag bymekaar te skraap. 


Aldus die Izak Reinhardt Fonds: Die idee is dat die fonds sal bly staan as ‘n monument na een van Thabazimbi se seuns wat te vroeg weggeneem is. Die hoop is dat ander gesinne ook gehelp kan word wat hulself toegegooi vind onder ‘n hoop mediese kostes in ‘n tyd van nood.


Op 21 April was die heel eerste fondsinsameling by Thabazimbi Golfklub gehou en alhoewel dit nog steeds nie die mediese koste dra nie, is dit ‘n groot helpende hand.

“Baie dankie vir die belangstelling. Dit het goed afgeloop en dit was baie lekker,” het ‘n emosionele Oom Izak van den Berg aan die Platinum Bushvelder gesê. 

Die volgende fondsinsameling geleentheid van die Izak Reinhard fonds sal ‘n knipmesaand wees en sal in die Thabazimbi Bushvelder aangekondig word. Indien jy of jou maatskappy ‘n bydra wil maak voor dan, kontak gerus vir Izak by 082-460 9126.
 
Die wenners vir die gholfdag was as volg:
•    Eerste plek: F Eloff, P Cradle, R Botha, J Smit
•    Tweede plek: A Louw, C le Roux, K Viljoen, M Karemaker
•    Derde plek: W Breytenbach, A Fourie, B Liebenberg, B van Staden

 

Izak van den Berg bedank almal wat deel van die dag was. 

 

Van links: Jacques Botha, Jacques Holtzhauzen, Rene Meyer, en Anton Potgieter.
Rene Meyer slaan sy 2de hou op gat nommer 6

 

Share this article with a friend...