Articles
Social & Community News
18 August 2017

Thabazimbi – Odelea van der Nest is ‘n vier-jaar oue dogtertjie met baie talent. Sy is ‘n dansfinalis in die Jacaranda Show: Model and Arts.

Odelea se passie vir dans kom al van kleintyd af en haar lyfie kan net nie help om te skud en beweeg sodra die musiek begin speel nie! Tydens haar tyd as finalis is daar ‘n paar projekte waarmee sy besig is vir liefdadigheid, fondsinsamelingsprojekte en nog vele meer.

Haar eerste projek behels die insamel van nie-bederfbare, sowel as vars kos produkte in vir die Sopkombuis. Die Sopkombuis is ‘n nie-winsgewende organisasie wat afhanklik is van skenkers en barmhartige burgers. Hulle voorsien twee maal per week aan omtrent 40 huisgesinne voedsel. Odelea het mandjies by verskeie besighede in die dorp waar sy vir  hulle produkte bymekaar maak.

Odelea van der Nest span haar danstalent in om die gemeenskap te help.
Odelea van der Nest span haar danstalent in om die gemeenskap te help.

Die besighede waar haar mandjies staan sluit in Medhof Apteek, Pick n Pay in die Thaba Mall, Salon Lady Dye, Hope Thaba Mall, Salon Le Chic, Bella Sophia Salon, 2 Dye 4 Hair and Nails, Cutting Edge Salon en Sorizty Spa.

Sy benodig die gemeenskap se hulp en ondersteuning om van die projek ‘n sukses te maak. Baie dankie aan al die skenkers wat tot dusver ‘n bydra gelewer het – dit word opreg waardeer!

Ons wens Odelea baie sterkte toe met haar projekte asook met haar deelname en kompetisie!  

Share this article with a friend...