Articles
Headline News
23 March 2018

Thabazimbi – Die nasionale Tekkie Tax veldtog gee jou die geleentheid om met jou voete te wys waar jou hart lê!

Verteenwoordigers van die SAVF Thabazimbi-tak het díe veldtog ondersteun op 21 en 24 Maart by die Thaba Mall. Selfs Happy, Tekkie Tax se gelukbringer, het sy verskyning gemaak. 

“Ons en Tekkie Tax verteenwoordigers was ook by plaaslike kleuterskole om plakkers en skoenveters te verkoop,” vertel Christelle Barnard van SAVF Thabazimbi in ‘n onderhoud met die Platinum Bushvelder koerant. Jy kan ‘n plakker kies wat ná aan jou hart lê of jou tekkies opkikker met oulike Tekkie Tax skoenveters. Kry ‘n ‘funky’ paar skoenveters en verfraai jou tekkies en jy’s reg vir Nasionale Tekkie Tax dag.

Díe veldtog het in 2013 begin toe ‘n paar van Suid-Afrika se grootste en mees verantwoordelike welsynsorganisasies byeengekom het. Nasionale Tekkie Tax dag is deel van die Suid Afrikaanse kalender vir die afgelope 4 jaar en hierdie jaar vier ons dit op 25 Mei 2018. 

Die vrolike span vrywilligers by die Thaba Mall het ook gesiggies geverf en hare gespray. Jamie die Nar het ook sy opwagting gemaak en lekkers aan die kinders uitgedeel. 

Díe span het weer Saterdag, 24 Maart, tussen 09h00-13h00 by die Thaba Mall ‘n Sparkle gelos.! 

Happy en Nikita Visser.
Jamie die Nar deel in die tekkie kaskenades!
Van links: Christelle Barnard, Happy en Janita Barnard in Westpack.
Vrywilligers reg om veters te verkoop!

 

Share this article with a friend...