Articles
Sport & School News
23 March 2018

 

Chiefs vs Bulle
In Hamilton loop die Bulle met halftyd 28-14 voor en verloor so wragtig 41-28 ou grote. Wat in die tweede helfte gebeur het sal net hulle sussies in Danville weet... Die Bulle se volgende game is teen die Crusaders in Christchurch. Die Chiefs reis Tokio toe om teen die Japannese Wolwe uit te draf.

Highlanders vs Crusaders
In die beste game van die naweek slaag die Highlanders daarin om die Saders in Dunedin 25-17 te klop. Dit was skitter ruggas soos net die Kiwi’s kan! Die Highlanders speel volgende teen die Hurricanes in Wellington wat beloof om ‘n riller te wees. Die Saders draf tuis teen die Bulle uit.

Brumbies vs Haaie
Die Haaie verloor 24-17 teen die Brumbies in Melbourne en verdien darem ‘n bonuspunt. Die Haaie sal drasties hulle game moet verbeter as hulle saam met die groot honne wil blaf. Die Haaie speel volgende teen die Rebels in Melbourne en die Brumbies het ‘n loslootjie.

Stormers vs Blues
Op Nuweland in Kaapstad speel die Stormers puik ruggas en klop die Blues 37-20. Die Kapenaars het die besoekers laat knor in die skrums en sodoende die Blues op die agtervoet gedwing wat meegebring het dat jong Damian Willemse op losskakel kon baljaar. Die Stormers speel volgende teen die Reds op Nuweland met die Blues wat ‘n loslootjie geniet.

Leeus vs Sunwolwes
Op Ellispark moes die Leeus vir tagtig minute lank sweet om die lastige Japanese Wolfies te klop. Die Wolwe het amper vir een van die grootste opskuddings nog gesorg en verloor 38-40 teen die Leeus. Die Leeus reis Buenos Aires toe om teen die Jaguares te gaan uitdraf met die Wolwe wat die Chiefs in Tokio gaan aandurf.

Nag ou grote...

En so terloops ou groene... Ierland klop toe Eddie se Bleekbene om die Ses Nasie titel in te palm... vat so Edda! 

Share this article with a friend...