Articles
Sport & School News
16 March 2018

 

Highlanders vs Stormers
In Dunedin kry die Stormers weer slae. Die Highlanders wen 33-15 en oorheers die tweede helfte. Die enigste hoogtepunt vir die Kapenaars was die puik spel van die 19-jarige losskakel Damian Willemse. Hierdie is ‘n juweel en hy het ook ‘n pragdrie gedruk. 
Die Stormers speel volgende teen die Blues in Kaapstad. Die Highlanders draf teen die Crusaders in Dunedin uit.

 

Hurricanes vs Crusaders
In die beste game van die naweek klop die Canes die Saders 29-19 ou grote. Die twee Barrett broers was uitstekend, inteendeel wêreldklas!
Die Crusaders speel volgende teen die Highlanders en die Canes verdien ‘n loslootjie.

 

Reds vs Bulle
Die Bulle het wragtig die game teen hulself verloor. Met rustyd was die Bulle 14-3 voor maar het heeltemal uit die bus geval in die tweede helfte.
Die Bulle gaan die Chiefs in Hamilton aandurf met die Reds wat Buenos Aires toe reis om teen die Jaguares uit te draf.

 

Haaie vs Sunwolves
In Durban was die Haaie se tanne skerp en hulle verslind die Japannese wolwe en wen verspotmaklik 50-22. André Esterhuizen het op senter geskitter met puik verdediging en sy balverspreiding was uitstekend. Die Beast het ook ‘n goeie game gehad.
Die Haaie reis Canberra toe om teen die Brumbies uit te draf.

 

Leeus vs Blues
Baie trane het gerol op Ellispark en die kopdok in Brakpan gryp na sy bottel. Die Blues klop die Leeus met 38-35 in ‘n riller ou grote. Dit was ‘n puik rugga game met die Leeus wat ongelukkig in die laaste vyf minute fokus verloor het.
Die Leeus speel volgende tuis teen die Sunwolves en die Blues reis Kaapstad toe om teen die Stormers uit te draf.

Nag ou grote...

Share this article with a friend...