/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Social & Community News
05 May 2025

Thabazimbi – Op Maandag 28 April 2025 het die ATKV Thabazimbi, in samewerking met SAVF Thabazimbi, die bejaardes van Bosveldoord, Sonskynoord en Huis Immergroen behoorlik bederf. 

Kerrie vetkoeke, koeldrank en die vertoning van die Afrikaanse film Die storie van Klara Viljee het die oggend vol warmte en nostalgie gemaak.

Dié jaarlikse inisiatief is ’n hoogtepunt op die bejaardes se kalender. “Ons seniors lê ons na aan die hart,” het Linda Grobler, ATKV-sekretaresse en ondervoorsitter van SAVF se diensbestuur, gesê. Sy het spesiaal dank uitgespreek aan Pick n Pay Thabazimbi vir hul bydrae en elke vrywilliger wat gehelp het om die dag ’n sukses te maak.

Die volgende beplande bederfdag, ’n Bingo en Braai, sal op Vrydag 4 Julie plaasvind, en die geliefde bejaarde Kersete is geskeduleer vir 9 Desember.

Hooffoto: Van links: Josephine Ndlovu (SAVF vrywilliger), Karabo Kubuzie (SAVF maatskaplike werker), Linda Grobler (SAVF diensbestuur ondervoorsitter en ATKV sekretaresse), Janita Barnard (ATKV en SAVF vrywilliger), Sharon Jaar (SAVF vrywilliger), Denese Chapman (ATKV en SAVF vrywilliger), en Christelle Barnard (SAVF diensbestuur en ATKV vrywilliger).

ATKV- en SAVF-lede span hande saam om heerlike vetkoeke voor te berei.
’n Tydlose genieting – bejaardes verlustig hulle in die vertoning van Die storie van Klara Viljee.

 

Share this article with a friend...