/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Affi-vley maak pret plaaslik!
Sentrum/ Thabazimbi – Daar’s ’n nuwe rede om pad te vat na Affi-vley Padstal, net 43 km noord van Thabazimbi. Hierdie unieke stop bied nou donkiekarritte aan – net vir die pret, en teen slegs R10 per persoon!
Volgens eienaar Sannie Schutte is die donkiekarritte ‘n manier om besoekers te lok om ook te kom snuffel aan Affi-vley se lekker goed: van tuisgemaakte beskuit en konfyt tot geurige koppies boeretroos. Daar’s selfs wegneem-etes beskikbaar op Woensdae en Saterdae – voorafbestelling is egter nodig, so hou hul sosiale media dop vir die spyskaart.
Ritte moet vooraf bespreek word sodat die donkies betyds ingespan kan word. Besoekers moet ook ’n vrywaringsvorm voltooi.
Laat plaasgasvryheid en eenvoud jou dag opkikker – bring die kinders, drink ‘n koffie, en klim op die donkiekar!
Lag, leef en ry saam – daar’s min dinge so lekker soos ’n donkiekarrit by Affi-vley Padstal!
‘n Avontuur vir die hele gesin.
Vir meer informasie, kontak Sannie by 071 004 0753
© 2025 - All Rights with Platinum Bushvelder