/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Headline News
30 April 2025

Thabazimbi – ‘n Seisoen van eerstes het afgeskop vir HFM se netbaldogters, en dit met flair! Op 9 April 2025 is die Eerste Netbalspan van Hoërskool Frikkie Meyer amptelik aangekondig. Die geleentheid is bekroon met die oorhandiging van hul nuwe wedstryddrag, en die opening van ’n splinternuwe, opgegradeerde netbalkamer.

Vir hierdie mylpaalbedryf bedank die HFM-gemeenskap veral Afri ReadyMix – direkteure Gerhard Maree, Christie van der Mescht en Werner Weiss – wat die pragtige rokkies, sporttasse en opwarmingshemde moontlik gemaak het. 

Die span het ook ondersteuning ontvang van verskeie plaaslike borge, insluitend BrandCorp Thabazimbi, Nesta Foods, Swallow Fork, Dries Visser Safari’s, Inus Brits, Dilene Vogel, Sorizty, Van Heerden Apteek, sowel as HFM se ouers.

Gerhard Maree van Afri ReadyMix het tydens die oorhandiging sy trots uitgespreek: “Ons is verbind tot die gemeenskappe waarin ons sake doen. Hierdie borgskap is nie net ‘n donasie nie – dit is ‘n belegging in jong mense se groei, selfvertroue en toekoms. Meisies, dra hierdie rokkies met trots – julle harde werk verdien dit.”

Afrigter en onderwyser, Anmarie Möller, deel dieselfde sentiment: “Hierdie is ’n eerste vir HFM Netbal – en ons is ongelooflik dankbaar. Ons span is reg vir ‘n geseënde en voorspoedige seisoen.”

Met nuwe drag, nuwe energie en gemeenskapsondersteuning in oorvloed, lyk 2025 soos ’n kampioenjaar vir HFM se netbaltrots!

Hooffoto: Die 2025 HFM Eerste Netbalspan blink uit in styl én talent – gereed vir ’n wenseisoen!

Caption

 

Share this article with a friend...