/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Social & Community News
14 April 2025

Thabazimbi – Tydens die vakansie vanaf 28 Maart tot 1 April 2025 het 15 lede van die Ysterberg Voortrekkers deelgeneem aan die jaarlikse Jakaranda Gebiedkamp op die Hartbeesfontein Voortrekkerplaas, geleë in die hartjie van die Dinokeng Natuurreservaat. 

Hierdie jaar was besonders – nie net omdat dit die 40ste kamp in sy soort was nie, maar ook omdat dit die eerste keer is wat soveel van Ysterberg se jeuglede aktief betrokke was. Sowat 300 deelnemers van regoor die streek het die kamp bygewoon, wat bekend staan vir sy uitstekende leergeleenthede, spanbou-aktiwiteite en natuurlik, hope pret. 

Ysterberg se jeuglede het hulself vanjaar uitstekend van hul taak gekwyt in verskeie kursusse:

  • Spoorsny: Sophia Jarman (Gr.6) en Jarrod van Staden (Gr.6) het hul voete diep in die veld gesit om hierdie vaardigheid baas te raak.
  • Noodhulp (Gr.4): Dwayne Wessels en Delaché Strecker het geleer hoe om kalm te bly en lewens te red – ? vaardigheid wat elke Voortrekker nodig het.
  • Kolskoot: Xara Taylor (Gr.7) het haar mik- en skietvernuf geslyp.
  • Medemens: Ciska Human (Gr.7) het geleer hoe om met empatie en diensbaarheid ander te ondersteun.
  • Handwerk: Franco Prinsloo (Gr.3) het kreatief geword met praktiese handvaardighede.
  • Kapokkies (Gr. R): Die kleinste Ysterbergers het nie agtergebly nie – twee van hulle het in die ‘Druppels & Wikkel’ spesialisasies gewoel.

Selfs die volwassenes (offisiere) het ingespring en by verskeie kursusse gehelp – ’n ware spanpoging wat wys hoe Voortrekkerwaardes geslagte verbind.

Terselfdertyd het twee van Ysterberg se Verkennerseuns, Raymond Wolfaardt en Conrad Res, die verkennerkamp te Lunsklip, Moketsi vanaf 28 Maart tot 6 April bygewoon. Hulle het die gespesialiseerde Jag & Wildbeheer kursus suksesvol voltooi.

Hierdie kampe is meer as net leergeleenthede – dis ervarings wat jong mense se karakters vorm, vaardighede slyp en vriendskappe bou wat ? leeftyd hou. 

Ons is ongelooflik trots op elke jong Voortrekker wat hierdie pad gestap het.

Main photo: Raymond Wolfaardt stel sy mikvaardighede op die proef met ? kruisboog – fokus, presisie en vasberadenheid in aksie.

JR van der Westhuizen maak vriende met ? bergskilpad én ? waterskilpad tydens die Ekosorg-kursus.
Dis nie net lesse en leer nie – JR van der Westhuizen wys dat daar ook tyd is vir waterpret op die glybaan!
Delaché Strecker hard aan die werk by die Noodhulp-kursus, met die longmodel wat sy self moes bou – ? lewensles in asemhaling en behendigheid!

 

 

 

 

 

Share this article with a friend...