/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Social & Community News
14 April 2025

Thabazimbi – Op Vrydag 28 Maart 2025 het ‘n hartgebroke maar vasberade landbougemeenskap van Thabazimbi bymekaargekom – nie om te kla nie, maar om hul pyn in een stem te giet. 

Van plaasaanvalle, veediefstal en brande, tot onteiening sonder vergoeding en diskriminerende wetgewing – die boer staan nie meer net teen droogte of markdruk nie. Hulle staan teen geweld, verval, en ’n regering wat hulle, volgens hul eie woorde, “in die steek laat het.”

In ’n memorandum wat aan die SAPD en ander plaaslike owerhede oorhandig is, word verskeie knelpunte uitgelig. Die optog was ordelik, waardig, en kragtig. Kinders, moeders, oupas – almal het saamgestaan.

Foto: “Waar twee of meer saamstem…” – die gemeenskap staan eensgesind, vasberade om hul stemme te laat hoor.

Share this article with a friend...