/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Social & Community News
05 April 2025

Thabazimbi – Op Vrydag, 21 Maart 2025, het die Ysterberg Voortrekkers hul stewels aangetrek en hul harte oopgemaak vir nog ‘n onvergeetlike ervaring vol kultuur, avontuur en natuur. Hierdie keer was die bestemming iets besonders – die Grobler Museum op die Kransberg-roete, wat later vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier. Die museum is geleë op die plaas van Oom Martinus Grobler, wie se gasvryheid die uitstappie ekstra spesiaal gemaak het. Met nuuskierige oë en avontuurlustige gees het die Voortrekkers eers die geskiedenis kom inasem binne die mure van die eeu-oue museum. Daarna het die groep hul energie gerig op ‘n 5 km-wandelroete wat hulle na ‘n pragtige waterval gelei het – ‘n heilige oomblik tussen die rotse en ruigte, waar mens net stil kan raak en bewonder.

Ons opregte dank aan Oom Martinus, wat nie net die wandelpad beskikbaar gestel het nie, maar ook saam met die kinders gestap het en hul ervaring met stories en kennis verryk het. ’n Groot waardering gaan ook aan die offisiere wat gehelp het om die kinders veilig op en af te vervoer en oor hul gewaak het soos net Voortrekkerleiers kan – met liefde, dissipline en entoesiasme.

Fotos: Stilte en skoonheid ontmoet mekaar tydens die Voortrekkers se staproete op Kransberg.

Share this article with a friend...