/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Boogskiet-ster tref die kol
Thabazimbi – Mardus Ras, ‘n talentvolle boogskut en leerder van Hoërskool Frikkie Meyer, is op Saterdag 25 Januarie 2025 tydens die Limpopo Sports Awards as die provinsie se “Newcomer van die Jaar” aangewys.
Hierdie gesogte toekenning is ‘n erkenning van sy uitsonderlike prestasies en toewyding aan boogskiet – ‘n sport waarin Ras sy merk gemaak het met presisie, fokus en deursettingsvermoë.
Baie geluk aan hierdie jong ster! Die gemeenskap sien uit na nog vele hoogtepunte in sy boogskietloopbaan.
© 2025 - All Rights with Platinum Bushvelder