Articles
Social & Community News
23 February 2018

Dit is geen geheim dat ons boere onsself in gevaarlike en stresvolle omstandighede begeef nie. Ons hoor daagliks van gruwelike aanvalle op boere, veral ou mense wat weerloos is... en ongelukkig raak hierdie dinge vasgevang in ‘n bose siklus.

Hoe meer dit plaasvind, hoe meer raak ons bang, en hoe meer gaan dit gebeur. Hoekom? Want wanneer jou vrede, jou trots en jou sekerheid van jou af weggeneem is, hoe meer is jy ‘n slagoffer, en hoe meer ons in daardie gedagtegang vasgevang is, hoe meer en makliker sal aanvalle op ons wees.

Die oplossing? Staan op, skud die onsekerheid af, en kry die regte opleiding om jou en jou gesin te beskerm.

Glenn Mortelmans, ‘n Belg van herkoms, gee selfverdediging en taktiese opleiding regoor die land om boere ‘n kans, op nie net oorlewing nie, maar om in vrede te kan leef. Die Israeli woord vir selfverdediging is Krav Maga.

Ons het op die punt gekom waar ons vrede totaal en al weggeneem is. So wat nou?! Rome was nie in een dag gebou nie, en die situasie waarin ons onsself bevind ook nie. Dit gaan tyd vat. Doelgerigtheid, deursettingsvermoë en die wil om hierdeur te kom.

Stap 1. Moenie verskoning soek wanneer jy ‘n geleentheid het om opgelei te word nie. Dertig jaar terug se weermag opleiding is nie genoeg nie. Kan jy wel onthou hoe dit in jou in gedril was? Hierdie moet ook so wees!

Stap 2. Maak die besluit dat jy positief gaan wees, en nie in vrees gaan aanhou lewe nie.

Stap 3. Kies die regte opleiding moontlikhede. Ongelukkig kry mens javels wat die situasie kan uitbyt en sodanig meer skade maak. Jy wil ook nie ‘n valse gevoel van sekuriteit hê nie, of voel dat hierdie soort ding nie werk nie.

Stap 4. Hou aan oefen. Laat elke lid van jou gesin weet wat om te doen, selfs die kleinding moet weet waar om weg te kruip en stil te wees.

Glenn Mortelmans, stigter van Krav Defence Systems en KM-TU (Krav Maga - Tactical Unit), is al 17 jaar aktief besig met Krav Maga. Hy het sy opleiding ontvang in Israel, Poland en Engeland. Hy word as een van die top instrukteurs in die wêreld gesien.

Hy bied SWAT, anti-terrorisme, wapens, hand tot hand, meskuns en algemene verdediging, kinder opleiding, VIP en CQC, arrestasies, voertuig en gebou penetrering en meer aan.

Ons nooi jou uit om deel te wees van opleiding in jou gebied. Dit beloop R1000 per persoon vir ‘n naweek.

Vir meer informasie, kontak Johan Young by 083 998 2593.

Share this article with a friend...