/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Man, ek klap-soen jou sommer!
Northam – Genade! Dat ‘n klein dorpie in die middel van die Bosveld soveel verkeer kan hê, gaan my verstand te bowe! Nie ‘n verkeerslig in sig nie, maar wel die nuwe verkeersirkel. Mense het al etlike ure vasgesit in verkeer by dié sirkel in Northam!
Maar op Maandag 10 Junie 2024, sowat 14:30, het ek van Rustenburg af gery, deur Northam. En toe ek by die sirkel kom, sien ek toe ‘n verkeersman wat die verkeer behendig gelei het. Nou toe nou! Die man het sommer hope mense se dag gemaak; baie dankie!
Marietjie van Niekerk
© 2024 - All Rights with Platinum Bushvelder