Articles
Sport & School News
18 August 2017

Thabazimbi – Die Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se rugby vanjaar het tot ‘n einde gekom. Hul laaste wedstryd is gespeel, in die kwart finale, teen Oos Moot.

HFM se o/16A span verloor met 29-21 en die HFM Eerstes verloor ook 37-33.

Die o/16A rugbyspan het baie goed weggespring en was 14-0 voor net na 20 minute, maar toe het die stoom minder geword. Die HFM manne het hard tot die einde toe geveg.

Die HFM se Eerstes het gesukkel om aan die gang te kom en het moeg gelyk in die eerste helfte. Halftyd was die telling 30-3. Ná halftyd het hulle nuwe vuur in die bloed gehad en het soos ware bosveld seuns nie tou opgegooi nie.

In die laaste 25 minute het die HFM manne 30 punte aangeteken.

Baie geluk aan elke speler en afrigter vir ‘n puik seisoen, 2018 gaan ‘n groot jaar wees!

Share this article with a friend...