Articles
Headline News
19 January 2018

Northam – Híérdie multi-miljoen rand projek in Northam het ‘n paar jaar terug al sy verskyning begin maak – en tot vandag toe is mense nuuskierig... wat word híér gebou op die R510?

Die Platinum Bushvelder koerant het die voorreg gehad om met Bert Kriel, eienaar van die gebou en grond, te gesels op Vrydag, 12 Januarie.

“Hierdie is ‘n winkelsentrum wat sowat 16 winkels bevat waarvan sewe so te sê voltooid is. Ons beoog om teen Maart klaar te wees,” aldus Kriel.

Díe winkelsentrum sal oor ‘n restaurant, quick shop, vulstasie, braaiplek, karwassery, ablusieblokke en ‘n plek vir moeë trok drywers beskik.

Kriel is aan die stuur van die projek en sien uit na die voltooiing daarvan. “Hierdie sal werkskepping vir ons gemeenskap beteken – iets wat Northam broodnodig het. Ons moet ons gemeenskap opbou, baksteen vir baksteen.”

Daar sal mettertyd ook sowat 20 huise in ‘n kompleks agter die winkelsentrum opgerig word.

Bert Kriel
Van links: Bert Kriel, Harris Noa en Tokkie Nienaber

 

Share this article with a friend...